Planeet

Planete rofweg volgens grootte, maar nie afstand nie. Let op 'n gedeelte van die son bo aan die beeld.

Planeet is die algemene term vir 'n groot hemelliggaam wat aanvanklik of permanent om 'n ster wentel, maar wat nie 'n maan of self 'n ster is nie, gerond is weens sy eie swaartekrag, en voldoende swaartekrag het om ander voorwerpe uit sy eie wentelbaan te verwyder (naamlik die rede waarom Pluto na dwergplaneet-status afgegradeer is, en Ceres in die asteroïdegordel ook nie as 'n planeet beskou word nie.) Die term kom van die Griekse woord πλανήτης, planētēs, wat swerfling beteken. Dié naam is gekies omdat antieke waarnemers gesien het dat die planete in die hemelruim rondbeweeg, terwyl die normale sterre staties ten opsigte van mekaar bly. Tans erken die Internasionale Sterrekundige Vereniging agt planete in ons sonnestelsel. Pluto, wat na sy ontdekking as die negende planeet beskou is, word egter sedert 2006 as 'n dwergplaneet geklassifiseer.


Powered by Karmy dla zwierząt | Słownik synonimów